Shiba wrote:Dis ook my fout, vir dieselfde rede as Weerwolf.
Die klas- en semestertoetse is darem nou verby (tot volgende kwartaal).
Ag, kan jy asseblief vir my sê wat awe nou eintlik veronderstel is om te beteken? Ek sien dit oral en ek weet nie wat dit is nie
Ek is ook huidiglik besig met semestertoetse.
Dit word veronderstel dat awê die Afrika-aanpassing is van die Latynse "ave", maar ek kry geen geldige bronne daarvoor nie.
Awê, so ver ek weet, kan in twee gevalle gebruik word:
1. Om iemand te groet: "Awê, hoe gaan dit?"
2. Om respek of erkenning te bevestig: "Daardie liedjie is awê"
Waarom veronderstel sommige mense dat dit polities-gedrewe is?
Hier in Hongarye kry hierdie saak nie so veel aandag nie, 'n verslag van ten hoogste 2-3 minute.
Die verhaal van Pistorius dat hy Steenkamp vir 'n inbreker aangesien het, skyn my ongeloofwaardig ondanks die feit dat inbreukgevalle in SA dikwels gebeur. Hul woning lig seker nie in 'n slegtere buurt nie.
Hulle het miskien rusie gehad en Pistorius het heethoofdig gehandel. Nou dat hy die gevolge van sy daad besef het, het hy vanselfsprekend spyt van wat hy gedoen het.
Dit is maar die gewone geval wat die media afwyk van korrupsie in die regering asook die talle plaasmoorde wat maandeliks plaasvind.
Die grootste probleem is die liberale Afrikaanse media wat nie aandag wil gee aan die misdade van rassehaat wat weekliks plaasvind nie. Die probleem van die media is dit is 'n monopolie. "Naspers" besit ons sateliet televisie dienste, meeste koerantpapiere en talle tydskrifte. Hulle ignoreer nie net mense wat oor misdaad kla nie, maar hulle "kruisig" diegene wat op die internet en publiek bewustheid wil verhoog. So die hofsaak is maar net hul manier om almal se aandag van die dringende kwessies af te dwing. Niemand waarvan ek weet gee om oor die uiteinde van die hofsaak nie. Meeste mense wil hê dat Oscar sy verdiende loon kry, so dit is iets wat onwillig op ons afgedwing word.
Dit kom miskien uit 'n Bantoetaal of miskien uit die diewetaal, maar weet ek veel, dit moet deur taalkundige ondersoek word. Of die persoon wat hierdie woord vir die eerste keer gebruik het, moet gevind word.
Dit is heel moontlik. Ek vind dit moeilik om te glo dat dit 'n direkte aanpassing van "ave" is, omdat Latyns 'n dooie taal is en baie min invloed op Afrika het. Dit sal egter moeiliker wees om uit te vind uit watter taal presies dit afstam omdat daar so rukkie terug 'n taalwet in Namibië geïmplementeer is wat Engels as die enigste amptelike taal erken het. Daar is 'n hele paar dialekte wat geografies gestel is en omdat die regering nie die dialekte wil erken nie is daar nog nie baie navorsing gedoen nie.