Etxebunti wrote:Dankie vir die korreksie!
Ja, ek eet elke dag groente, ek dink dat die groente is goed is vir die gesondheid.
Die persoon onder my woon by die see.
Etxebunti
====================
shprakh wrote:Nee, nooit nie.
Die persoon onder my is te skaam.
"Nooit", "geen", and other such negating words work the same as "nie" - a sentence containing one of them needs a "closing 'nie' ".
Not all Afrikaners add the second "nie", though, and hearing people say "Nee, nooit" is quite common (I do it myself sometimes ^^; ), but it's still not quite correct.
====================
Weerwolf wrote:Nee, ek is nie te skaam nie.
Die persoon onder my besit oor 'n breëband-toegang tot die internet.
Onthou, 'n mens "besit iets", maar "beskik oor iets".
"Toegang" is 'n abstrakte selfstandige naamwoord, d.w.s. hy het nie 'n meervoud of 'n verkleiningsvorm nie - en dit beteken ook dat 'n mens hom nie saam met " 'n " gebruik nie, en net saam met "die" in sekere gevalle.
Ons praat van " 'n breëbandkonneksie " (dit is egter beter om van " 'n breëbandverbinding " te praat) en van "breëbandtoegang", sonder die lidwoord ("article").
=====================
Leviwosc wrote:Ja, ek beskik oor 'n breëband-toegang tot die internet. Breëband-toegange is baie normaal in Nederland.
Die persoon onder my het woordeboeke vir meer as 20 tale.
Soos wat ek hierbo vir Weerwolf gesê het, praat ons van " 'n breëbandkonneksie " en "breëbandtoegang", aangesien "toegang" 'n abstrakte s.nw. is.
======================
Nee, ek het nie woordeboeke vir meer as 20 tale nie. Dalk vir vier of vyf, mits jy die klein woordeboekies agterin ander taalboeke tel.
Die persoon onder my het verkoue.