Sure.
And it's no problem. The thread for music and poetry is actually
here, so you can always use that in future. Still, it's not a problem.
As for other Afrikaans singers, well, it probably depends on which music genres you like. I'm not very clued-up on our singers, but I can always ask my brother, who has quite an extensive playlist. I do recommend Juanita du Plessis though, from what I have heard of her, which admittedly isn't much.
Tyd om te Trek
Vers 1:
Ek het jou nie verloor nie, maar wat het jou gewen?
Jou paspoor op die tafel het my hier vasgepen
Jy sê daar kom 'n oorlog wat diep daarin jou brand
Jy vra kom ek saam na waar jy moet gaan?
Jy sê dis....
Refrein:
Tyd om te trek, om jou hart te vat!
Jy sê dis nie om ons uitmekaar te spat
Maar jou woorde aan my: wil ek hier agterbly?
Want as jy vra, moes jy vra, maar jy't my gesê
Van jou 'wyse plan'; is dit wat jy wou hê?
Daar's geen plek vir jou hier; jy sê dis tyd om te trek!
Verse 2:
Daar is soveel meer wat ek wou sê
En wat ek oor wou hê; maar hier in donker Afrika,
Wat soveel van ons vra.. wat sou dit kos om net te bly
Jou woorde was te duur
Want wat jy wou sê was geskryf teen die muur -
Refrein
Die Kaplyn
Vers 1:
Tussen bosse en bome
Tussen grense wag ons almal vir môre
Maar op agttien was ons almal verlore
Hoe kan ons verstaan?
En wie weeg nou ons lewe
Want net God alleen weet waarooor ons bewe
Want op agttien wou ons almal net lewe
Net een slag toe was jou lewe verby
Refrein 1:
Roep jy na my?
Roep jy my terug na die Kaplyn, my vriend?
Deur die jare het die wêreld gedraai
Toe ons jonk was hoe sou ons dit kon raai?
Soek jy na my?
Soek jy my nou in die stof en jou bloed?
Jy't gesê jy hoor hoe God na jou roep
Toe's dit als verby...
Vers 2:
Na al hierdie jare
Vêr verlore dryf ons rond in ons dade
Net soldate leef met grense se skade
Hoe kan ons verstaan?
Want daai bos vreet ons spore
In die donker bos was broeders gebore
In die donker saam gebid vir 'n môre
Net een slag toe was jou lewe verby...
Refrein 2:
Roep jy na my?
Roep jy my terug na die Kaplyn my vriend?
Deur die jare het die wêreld gedraai
Toe ons jonk was hoe sou ons dit kon raai?
Waar is jy nou?
Is jou naam dan op ons mure behou?
Jy was nooit vereer en niemand gaan nou
Oor jou lewe skryf en wat jy nog wou
En by daardie mure
Staan ek vir ure
Maar waar's jou naam nou, my vriend?
Kan hul nie verstaan?
Jul soldate vergaan – sonder rede dra hulle die blaam!
Refrein 2
En by daardie mure
Staan ek vir ure
En by daardie mure
Staan ek vir ure...