Page 1 of 2
Die Woordassosiasie-speletjie (Word association game)
Posted: 2013-08-31, 11:25
by Shiba
Nee, die koppelteken in die titel is nie eintlik nodig nie, maar dis daar om die lees van die titel te vergemaklik.
Hierdie is die woordassosiasie-speletjie! Skryf 'n woord neer wat jy assosieer met die woord wat die vorige persoon geskryf het.
No, the dash in the title isn't really necessary, but it's there to make the reading of the title easier.
This is the word association game! Write down a word that you associate with the word the previous person wrote.
=======================================================================================
Taal
Re: Die Woordassosiasie-speletjie (Word association game)
Posted: 2013-09-01, 9:19
by Weerwolf
moedertaal
Re: Die Woordassosiasie-speletjie (Word association game)
Posted: 2013-09-01, 10:29
by Shiba
vaderland
Re: Die Woordassosiasie-speletjie (Word association game)
Posted: 2013-09-03, 8:12
by Weerwolf
bakermat
Taalkundige redetwis oor die bakermat van Afrikaans.
Wat sou jy sê as ons met die woorde ook 'n voorbeeldsin moes skryf? Op die manier leer ons nuwe woorde in 'n konteks.
Re: Die Woordassosiasie-speletjie (Word association game)
Posted: 2013-09-03, 8:53
by Shiba
Dit klink na 'n plan.
Wat is 'n bakermat?
Re: Die Woordassosiasie-speletjie (Word association game)
Posted: 2013-09-03, 9:09
by Weerwolf
Shiba wrote:Dit klink na 'n plan.
Baie goed.
Wat is 'n bakermat?
Plek van oorsprong, die geboorteplaas.
http://nl.wikipedia.org/wiki/BakermatWord hierdie woord in Afrikaans nie gebruik nie?
Re: Die Woordassosiasie-speletjie (Word association game)
Posted: 2013-09-03, 15:21
by Shiba
A, interessant. Sover ek weet gebruik ons nie bakermat in daardie sin nie, maar dit kan wees dat ons dit wel so gebruik en ek dit net nog nie gehoor het nie.
Tuiste
My tuiste is op die vlaktes van die Vrystaat. (Nee, nie eintlik nie, dis net 'n voorbeeld.)
Re: Die Woordassosiasie-speletjie (Word association game)
Posted: 2013-09-04, 14:30
by Weerwolf
Shiba wrote:A, interessant. Sover ek weet gebruik ons nie bakermat in daardie sin nie, maar dit kan wees dat ons dit wel so gebruik en ek dit net nog nie gehoor het nie.
Dit is seker 'n woord dat nie veel voorkom nie, dink ek. Ek het net nou my eentalige Afrikaanse woordeboek geraadpleeg, en dit is wat daarin staan:
"bakermat: 1) plek waar iemand gebore is en opgevoed is; land van herkoms. 2) plek waar iets ontstaan en ontwikkel het; kweekplek./ ~ Die bakermat van Afrikaans."Dit lyk my dat volgens hierdie woordeboek kan bakermat in daardie sin gebruik word.
Ek probeer net te weet kom of woorde wat ik baie veel in Nederlandse tekste lees, ook in Afrikaans gebruik word. Ek vind dit baie interessant.
(Nee, nie eintlik nie, dis net 'n voorbeeld.)
Dis net 'n speletjie, dus volgens my word van niemand verwag dat hy hier die waarheid moet vertel.
heimweeJan se opa het in die jare sestig na Engeland verhuis en hy kry altyd heimwee as iemand die naam van sy geboorteland sê.
Re: Die Woordassosiasie-speletjie (Word association game)
Posted: 2013-09-04, 15:23
by Shiba
Weerwolf wrote:Shiba wrote:A, interessant. Sover ek weet gebruik ons nie bakermat in daardie sin nie, maar dit kan wees dat ons dit wel so gebruik en ek dit net nog nie gehoor het nie.
Dit is seker 'n woord dat nie veel voorkom nie, dink ek. Ek het net nou my eentalige Afrikaanse woordeboek geraadpleeg, en dit is wat daarin staan:
"bakermat: 1) plek waar iemand gebore is en opgevoed is; land van herkoms. 2) plek waar iets ontstaan en ontwikkel het; kweekplek./ ~ Die bakermat van Afrikaans."Dit lyk my dat volgens hierdie woordeboek kan bakermat in daardie sin gebruik word.
Ek probeer net te weet kom of woorde wat ik baie veel in Nederlandse tekste lees, ook in Afrikaans gebruik word. Ek vind dit baie interessant.
Daar leer ek nou ook 'n woord by. Inderdaad interessant!
Weerwolf wrote:(Nee, nie eintlik nie, dis net 'n voorbeeld.)
Dis net 'n speletjie, dus volgens my word van niemand verwag dat hy hier die waarheid moet vertel.
Ja, seker. xD Maar net gesê voordat iemand dink ek hou van die Vrystaat!
Weerwolf wrote:heimwee
Jan se oupa het in die jare sestig na Engeland verhuis en hy kry altyd heimwee as iemand die naam van sy geboorteland sê.
====
verlang
Sarie is nou in die koshuis en verlang baie na haar familie.
Re: Die Woordassosiasie-speletjie (Word association game)
Posted: 2013-09-04, 21:27
by Weerwolf
ontgogel
Die beleid van die president het 'n heel klompie mense ontgogel, daarom keer steeds meer kiesers hulle rug sy party toe.
Re: Die Woordassosiasie-speletjie (Word association game)
Posted: 2013-09-05, 7:50
by Shiba
Weerwolf wrote:ontgogel
Die beleid van die president het 'n heel hele klompie mense ontgogel, daarom keer steeds meer kiesers hulle rug op sy party toe.
Sjoe, nog 'n woord waarvan ek nie geweet het nie!
OnstellendDie ontstellende nuus dat haar verloofde sy werk verloor het, het die meisie sommer aan die huil laat gaan.
Re: Die Woordassosiasie-speletjie (Word association game)
Posted: 2013-09-08, 16:09
by Weerwolf
nuus
Ek kyk elke dag na die nuus.
Re: Die Woordassosiasie-speletjie (Word association game)
Posted: 2013-10-25, 20:22
by Bittereinder
Redakteur
Myns insiens is die redakteur, van die Huisgenoot, 'n baie bevoegde skrywer.
Re: Die Woordassosiasie-speletjie (Word association game)
Posted: 2013-10-25, 22:31
by Weerwolf
Hartlik welkom op Unilang, Bittereinder!
koerant
Magyar Nemzet (=Hongaarse Nasie) is 'n Hongaarse regs-konserwatiewe koerant wat sedert 1938 uitgegee word.
Re: Die Woordassosiasie-speletjie (Word association game)
Posted: 2013-10-26, 5:28
by Bittereinder
Dankie baie
Weerwolf
Re: Die Woordassosiasie-speletjie (Word association game)
Posted: 2013-10-26, 11:09
by Shiba
Welkom op UniLang, Bittereinder! Kan ek aanneem dat jy graag na die musiekgroep van dieselfde naam luister?
joernalis
Pieter werk by die
Beeld ['n Afrikaanse koerant] as joernalis.
Re: Die Woordassosiasie-speletjie (Word association game)
Posted: 2013-10-26, 13:14
by Bittereinder
Dankie Shiba.
Ja, maar ek het die bynaam gekies om meer geskiedkundige redes.
Verkenner
Die verkenner het terugvoering gebring oor die teenwoordigheid van vyande in die area.
Re: Die Woordassosiasie-speletjie (Word association game)
Posted: 2013-10-26, 16:02
by Weerwolf
oorlog
Hongarye soos Duitsland het die twee wêreldoorloge verloor.
Re: Die Woordassosiasie-speletjie (Word association game)
Posted: 2013-10-27, 9:12
by Shiba
verdedigersDie verdedigers het alles in die stryd gewerp om hul land te beskerm.
Weerwolf wrote:oorlog
Soos Duitsland het Hongarye die twee wêreldoorloë verloor.
Dit is grammaties moontlik om "Hongarye, soos Duitsland, het ..." te sê, maar dit klink effens onnatuurlik.
Re: Die Woordassosiasie-speletjie (Word association game)
Posted: 2013-10-27, 15:13
by Weerwolf
Shiba wrote:Dit is grammaties moontlik om "Hongarye, soos Duitsland, het ..." te sê, maar dit klink effens onnatuurlik.
Dankie! Met die voegwoorde het ek soms moeilikhede.
dienspligSedert 2004 is in Hongarye geen diensplig nie meer nie.