Hildakojon wrote:I love this song! Thank you very much for sharing it.
You're welcome
http://www.youtube.com/watch?v=LQVa3isBt8YRobbie Wessels - Liewe ouersOns is twee Suid Afrikaners in 'n backpacker iewers in Europa 'n stad.
Ons ken 'n mielie en 'n stroper en 'n John Deer trekker ons het die weer en kultuur geonderskat.
Want hier sit ons in 'n kamer met 'n Aussie en Kiwi en 'n Duitser en Ier of twee Japs.
En almal behalwe ek en Stevie bestudeer opgewonde hulle maps.
Hulle chat oor als wat hul gaan sien, watter museums watter outydse gebou.
Ek en Stevie chat oor rugby en oor 2010 se sokker Worldcup en sy broer se rowwe troue.
Maar in ons sak is daar 'n padkaart van 'n hele ander missie maar praat nie uit nie dis os konfidensieel.
Dis 'n Suid Afrikaanse kompetisie om te ontsnap uit die backpackers perseel.
Instrumenteel
Middernag so pas ... check!
Balaklawa kompas ... check!
Walkie-talkie toets oor en uit.
Stevie, jy is bravo een ... move uit.
Instrumenteel
Bravo een, bravo een ... kom in.
Identifiseer jou posisie.
Bravo een staan by, ek's alreeds in die dak, baie stof en ek het bitter swak visie.
Liewe ouers, hier's 'n rot, hier's 'n rot en hy's groter as 'n dassie!
Liewe ouers, dis rot of nee wag. ek sweer dis 'n dassie!
Liewe ouers, liewe ouers, liewe ouers.
Mean while by die huis is daar 'n spitbraai, iewers langs die Bronkhorstspruit dam.
Daar is mielies en sosaties en 'n bak slaai, braai broodjies met tamatie, kaas en ham.
En die manne staan in Speedo's om die vuurtjie en bespiegel of die Hane en die Aussie en die Kiwi.
Wie was die beste kaptein John Smith of Corné Krige en hul wonder nou hoe gaan dit met ek en Stevie?
Hulle imagine hoe ons kuier, hoe ons girls op chat met ons rough looks en Afrika aksent.
Hoe ons outydse geboue en museums verken, Brussesl, Brugge en Parys en ook Gent.
Maar iewers in Europa in gryserige stad sit 'n bang Suid Afrikaner in 'n dak.
Hy mis 'n mielie en 'n stroper sy Jack Russel en sy kat en 'n somer warm Afrika sonsak.
Instrumenteel
Balaklawa kompas ... check!
Kopliggie harnas ... check!
Walkie-talkie toets, oor en uit.
Okay, ek is bravo twee ... move uit.
Instrumenteel
Bravo een, bravo een ... kom in.
Identifiseer jou posisie.
Bravo een staan by, jy't nog nooit so iets gesien nie, ek's skyt bang ... asseblief bel die polisie!
Liewe ouers nog 'n rot, nog 'n rot en hy's groter as 'n Staffie!
Liewe ouers, dis rot of nee wag ek sweer dis 'n Staffie!
Liewe ouers, Ahhhhhhh!
Help my, ek soek my ma, ek wil huistoe gaan.
Liewe ouers, liewe ouers, liewe ouers.