Woord-herkoms: spesmaas

Moderator:Aurinĭa

mala72
Posts:2
Joined:2010-02-12, 12:49
Real Name:Marius Kock
Gender:male
Country:NZNew Zealand (New Zealand / Aotearoa)
Woord-herkoms: spesmaas

Postby mala72 » 2010-02-12, 12:57

Hi, ek's nuut hierso. Iets wat my al 'n hele ruk pla, is die herkoms ("etimologie") van die Afrikaanse woord "spesmaas". Ek kan nie 'n Nederlandse verwantskap opspoor in de Vries/de Tollenaere se Etymologisch Woordenboek nie. Dit skyn ook nie van Maleisiese oorsprong te wees nie...

ngonyama
Posts:7
Joined:2010-09-21, 3:52
Gender:male
Country:USUnited States (United States)

Re: Woord-herkoms: spesmaas

Postby ngonyama » 2010-09-21, 16:20

Nee, Nederlands is dit nie(t). Kan jy vir my se^ wat dit beteken? Het dit met maas van doen? (Maas is Xhosa: amasi)

User avatar
Shiba
Posts:294
Joined:2010-05-20, 12:06
Gender:female
Country:ZASouth Africa (Suid-Afrika / uMzantsi Afrika / South Africa)
Contact:

Re: Woord-herkoms: spesmaas

Postby Shiba » 2010-09-22, 20:28

As ek reg onthou het ek vroeër hierdie jaar daardie woord in my Afrikaanse Taalkundeboek raakgeloop. Hy's definitief 'n leenwoord, maar ek sal nie nou kan sê uit watter taal hy kom nie.
Dis ook moontlik dat ek my misgis het - toe ek nou in my taalkundeboek gaan kyk het, kon ek die woord nêrens kry nie. Inelkgeval dink ek dat dit waarskynlik is dat "spesmaas" (soos "spens") uit Maleis-Portugees kom. Ek mag egter verkeerd wees. :)
Native: Afrikaans (af) English (en) || Intermediate: German (de) || Beginner: Some odd combination of Riksmål and Bokmål and whatever (no) || Learning on-and-off: Russian (ru) || Curious: Breton (br) Welsh (cy) Finnish (fi)
Korrigere feilene mine, vær så snill!

Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie. ~ Psalm 23:1

stehlev
Posts:1
Joined:2011-05-02, 16:06
Real Name:Volker Stehle
Gender:male
Location:Windhoek
Country:NANamibia (Namibia)

Re: Woord-herkoms: spesmaas

Postby stehlev » 2011-05-02, 16:23

HAT: spes-maas', (spesmase). Gedagte, vermoede; presumasie: Ek het 'n spesmaas dat hulle die geld gevind het, dat Jan verantwoordelik is vir hierdie sakie, dat ons ons geld nooit weer gaan sien nie. [L. presumasie; L. praesumere veronderstel].

HAT: spesmeer', ww. (gespesmeer). (w.g.) Presumeer.


Return to “Afrikaans”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 3 guests