Hi Almal
Ek wil graag 'n "thread" (draad) begin vir Afrikaanse poësie en musiek.
Ek woon nou al die afgelope 5 jaar in Europa en mis my taal en my kultuur vreeslik. Enige ander Afrikaners wat ook 'n gunsteling liedjie of gedig het plaas dit maar gerus in hierdie thread "draad" sodat ons saam kan luister en lees.
Hierdie volgende liedjie is vir my so mooi en herhinder my terug aan "Pretoria" stad waar ek groot geword het.
Dit was nog in die dae wanneer jy nog in die aande in Pretoria stad kon rondloop en gaan fliek en kuier. Ongelukkig is dit nou nie meer vandag moontlik nie maar gelukkig het ons darem nog ons taal en kultuur wat niemand van ons kan wegvat nie.
http://www.youtube.com/watch?v=ydomYjarzew
Sprokie vir 'n Stadskind - Koos Du Plessis
As die reën van stof en roet verby is
en die rook verdwyn,
sal daar in die sterrelose hemel
‘n neonboog verskyn.
En kyk maar goed,
want as jy hom vind
vertel ek vir jou ‘n sprokie, my kind
van ‘n skatkis met ou kettings gebind
aan die neonboog se punt.
Volg hom elke nag oor swart riviere,
oor kranse van beton.
As jy aanhou stap tienduisend ure
sal jy dalk daar kom,
maar hier moet jy jou nimmer laat vind,
want so lui die ou, ou sprokie, my kind.
As jy geluk en vrede wil vind
soek die neonboog se punt.
Volg hom elke nag oor swart riviere,
kyk nie eenmaal om.
Dalk vind jy die land van blou saffiere
en dalk ‘n brokkie son.