Page 3 of 3

Re: An Afrikaans course

Posted: 2013-11-18, 18:54
by Weerwolf
Shiba wrote:So now I'm asking all readers, what topics do you guys think I should cover next? What would be most useful to you?

Wat ek nuttig sou vind:
- watter voorsetsels hoor by 'n bepaalde werkwoord (bv. op iemand vertrou, iets ryk is aan iets ensovoorts)
- skeidbare en onskeidbare werkwoorde (hierby is dit moeilik as 'n saamgestelde werkwoord sowel skeidbaar as onskeidbaar is soos "oordryf" en dergelyks)
-idiome (op internet kan jy daaroor gelukkig verklaring kry, maar as jy wil en tyd het, kan jy 'n lys maak van die gesegdes wat volgens jou in die alledag baie veel voorkom. Afrikaans is so ryk aan indiome.)
- hoe skryf 'n mens informele en formele briewe in Afrikaans (in Nederlands het ek dit reeds geleer, dus dit sou nie baie afwyk van die Nederlandse wyse van skryf nie. Maar vir andere mense kan dit van belang wees)

Re: An Afrikaans course

Posted: 2013-11-19, 13:53
by Shiba
Dankie vir die terugvoer. :)

Van idiome gepraat - ek dink nou al 'n rukkie daaraan om 'n geselsdraad oor idiome te begin. Daarin sou ek 'n klompie idiome met hul betekenisse lys; ander mense sou dan ook idiome kon noem, vra vir betekenisse, en allerhande dergelike dinge. Aan die een kant weet ek nie of daar juis 'n aanvraag na so 'n geselsdraad bestaan nie; aan die ander kant dink ek so 'n gedurig-ontwikkelende lys van idiome sou nuttig kon wees.

Re: An Afrikaans course

Posted: 2013-11-20, 21:31
by Weerwolf
Shiba wrote:Dankie vir die terugvoer. :)

Van idiome gepraat - ek dink nou al 'n rukkie daaraan om 'n geselsdraad oor idiome te begin. Daarin sou ek 'n klompie idiome met hul betekenisse lys; ander mense sou dan ook idiome kon noem, vra vir betekenisse, en allerhande dergelike dinge. Aan die een kant weet ek nie of daar juis 'n aanvraag na so 'n geselsdraad bestaan nie; aan die ander kant dink ek so 'n gedurig-ontwikkelende lys van idiome sou nuttig kon wees.

Nou, dit vind ek 'n goeie idee dat jy meer aandag wil bestee aan idiome. 'n Soortgelyke draad bestaan reeds in die Nederlandse afdeling, dus dit sou ook hier wat mense lok om gesels oor idiome. Van my kant kan jy op my belangstelling reken as daardie draad tot stand sou kom.

Re:

Posted: 2016-02-29, 22:02
by aaakknu
Dminor wrote:Maybe I could help. :)


Do you really know Gotic?