Shiba wrote:So now I'm asking all readers, what topics do you guys think I should cover next? What would be most useful to you?
Wat ek nuttig sou vind:
- watter voorsetsels hoor by 'n bepaalde werkwoord (bv. op iemand vertrou, iets ryk is aan iets ensovoorts)
- skeidbare en onskeidbare werkwoorde (hierby is dit moeilik as 'n saamgestelde werkwoord sowel skeidbaar as onskeidbaar is soos "oordryf" en dergelyks)
-idiome (op internet kan jy daaroor gelukkig verklaring kry, maar as jy wil en tyd het, kan jy 'n lys maak van die gesegdes wat volgens jou in die alledag baie veel voorkom. Afrikaans is so ryk aan indiome.)
- hoe skryf 'n mens informele en formele briewe in Afrikaans (in Nederlands het ek dit reeds geleer, dus dit sou nie baie afwyk van die Nederlandse wyse van skryf nie. Maar vir andere mense kan dit van belang wees)