Argaïese Afrikaanse uitdrukkings

Moderator:Aurinĭa

Kuruman
Argaïese Afrikaanse uitdrukkings

Postby Kuruman » 2015-01-27, 19:34

Goeie dag.

Ek wil graag hierdie draad hoofsaaklik gebruik om 'n argief van argaïese uitdrukkings op te bou vir diegene wat belang sou stel. Ek sal die draad wysig soos ek nuwe woorde sien.

Hoog veertien wees - besope wees.
Kassaterwater - uiterse flou tee of koffie
fieterjasies - om vol fiemies te wees
Sommerso nul uit die noorde - skielik of onverwags
Baie note op jou sang hê - veeleisend, vol fiemies
Foei! - gaan weg/loop
Poerdes Merdes - as iets flenters of in sy maai in is.
Kafoefel - vry, opsit
Skielik gaan 'n Jood/predikant/dominee Hemel toe - 'n ou uitdrukking wat gewoonlik gesê word as daar 'n doodse stilte (awkward silence) neersak.
noop - aangedring, genoodsaak - "Jy noop my nou om hom in te sluit."
snars - het nie die vaagste benul nie - "Ek weet geen snars van hulle taal af nie."
Lieplapper - iemand wat jy nie kan vertrou nie
klandisie - welwillendheid
Konsternasie - chaos
So bêķ moet jêm kry - so persoon moet beloon word
Geradbraakde taal - wanneer jy byvoorbeeld 'n mengsel van Afrikaans en Engels praat.
Gooi kole - maak gou
Verknot - wat nie in staat is tot verdere groei nie
Bedissel - reël, in orde bring, beredder
tjienkerientjee - 'n soort blom, ook genaamnd “star-of-Bethlehem” of “wonder-flower”

Enige regstellings of verbeteringe is meer as welkom!

Return to “Afrikaans”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 6 guests