Hoe gaan dit nog?

Moderator:Aurinĭa

User avatar
Bittereinder
Posts:173
Joined:2013-10-25, 20:12
Real Name:William
Gender:male
Location:Potchefstroom
Country:ZASouth Africa (Suid-Afrika / uMzantsi Afrika / South Africa)
Hoe gaan dit nog?

Postby Bittereinder » 2014-03-18, 19:01

Hallo almal

Dit is deesdae ontsettend stil hier in die Afrikaanse forums. Wat is nuus?

Ek het onlangs oor die volgende besin:
Die groetwoord "aweh/awê"(Omtrent aan die begin van al die kêrel se liedjies) is deesdae baie gewild onder die jonger generasie. Dit kom blykbaar van Namibië af, het in die Kaapse-vlaktes gemanifesteer en naderhand in die Afrikaanse gemeenskappe ingesluip.

Die Afrikaanse akademici beskou "aweh" pertinent as "sleng". Dit het my die vraag laat vra: wat bepaal die versoenbaarheid van 'n vreemde woord met 'n taal? As die jeug van vandag die woord verder gebruik sal dit later in Afrikaans assimileer word ?
Openbaring 21:6
"Verder sê Hy vir my: Dit het klaar gebeur. Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. Aan elkeen wat dors het, sal Ek te drinke gee uit die fontein met die water van die lewe, verniet. "

User avatar
Weerwolf
Posts:1908
Joined:2009-12-09, 19:53
Real Name:Krisztián
Gender:male
Location:Венгрия; Будaпешт
Country:HUHungary (Magyarország)

Re: Hoe gaan dit nog?

Postby Weerwolf » 2014-03-18, 21:53

Bittereinder wrote:Dit is deesdae ontsettend stil hier in die Afrikaanse forums. Wat is nuus?

Dis my fout. :D Ek is volop besig met my studie, dus teenwoordig gee ek Nederlands die voorrang.
Die nuus wat ek in Hongarye uit SA hoor, is deurgaans die Pistorius-saak. Vreeslik wat daar gebeur het. Ek veronderstel dat hierdie saak in SA baie veel gesprekke oplever.

Die Afrikaanse akademici beskou "aweh" pertinent as "sleng". Dit het my die vraag laat vra: wat bepaal die versoenbaarheid van 'n vreemde woord met 'n taal? As die jeug van vandag die woord verder gebruik sal dit later in Afrikaans assimileer word ?

Awê Caesar! :) Ek had eerder die indruk dat dit 'n tussenwerpsel was. Tja, ek is nou nie helemaal met die sleng vertroud nie.

Uit welke taal kom dit oorspronklik?

Die volk, die sogenaamde spraakmakende gemeenskap beslis oor die inburgering van 'n vreemd woord. As mense die woorde in hul daaglikse taalgebruik steeds meer gaan hanteer, kan dit uiteindelik beteken dat die woord ook in formele en literaire tekste voorkom.
In het middelpunt staan: [flag=]nl[/flag] [flag=]nl-BE[/flag] [flag=]af[/flag] [flag=]de[/flag][flag=]hr[/flag] [flag=]sr[/flag] [flag=]ru[/flag] [flag=]pl[/flag]
Heel hartelijk bedankt voor elke hulp!
Ich bin für jede Verbesserung dankbar.

Минден кездет нехез.

User avatar
Bittereinder
Posts:173
Joined:2013-10-25, 20:12
Real Name:William
Gender:male
Location:Potchefstroom
Country:ZASouth Africa (Suid-Afrika / uMzantsi Afrika / South Africa)

Re: Hoe gaan dit nog?

Postby Bittereinder » 2014-03-19, 6:05

Dis my fout. :D Ek is volop besig met my studie, dus teenwoordig gee ek Nederlands die voorrang.
Die nuus wat ek in Hongarye uit SA hoor, is deurgaans die Pistorius-saak. Vreeslik wat daar gebeur het. Ek veronderstel dat hierdie saak in SA baie veel gesprekke oplever.


Haha dit maak nie saak nie. Die media gee verskriklik baie aandag aan die Pistorius-saak. Daar is tot 'n TV kanaal wat die hofsaak volg. Aan die anderkant voel mense dat die media te veel aandag aan die saak gee en dat dit polities-gedrewe is.

Awê Caesar! :) Ek had eerder die indruk dat dit 'n tussenwerpsel was. Tja, ek is nou nie helemaal met die sleng vertroud nie.

Uit welke taal kom dit oorspronklik?

Die volk, die sogenaamde spraakmakende gemeenskap beslis oor die inburgering van 'n vreemd woord. As mense die woorde in hul daaglikse taalgebruik steeds meer gaan hanteer, kan dit uiteindelik beteken dat die woord ook in formele en literaire tekste voorkom.


Dit is die probleem. Niemand kan presies sê uit watter taal dit kom nie. In Setswana weet ons wel dat hulle "agê" as kort begroeting sê.
Baie interessant, dankie.
Openbaring 21:6
"Verder sê Hy vir my: Dit het klaar gebeur. Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. Aan elkeen wat dors het, sal Ek te drinke gee uit die fontein met die water van die lewe, verniet. "

User avatar
Shiba
Posts:294
Joined:2010-05-20, 12:06
Gender:female
Country:ZASouth Africa (Suid-Afrika / uMzantsi Afrika / South Africa)
Contact:

Re: Hoe gaan dit nog?

Postby Shiba » 2014-03-19, 19:03

Dis ook my fout, vir dieselfde rede as Weerwolf. ;) Die klas- en semestertoetse is darem nou verby (tot volgende kwartaal).

Ag, kan jy asseblief vir my sê wat awe nou eintlik veronderstel is om te beteken? Ek sien dit oral en ek weet nie wat dit is nie :P
Native: Afrikaans (af) English (en) || Intermediate: German (de) || Beginner: Some odd combination of Riksmål and Bokmål and whatever (no) || Learning on-and-off: Russian (ru) || Curious: Breton (br) Welsh (cy) Finnish (fi)
Korrigere feilene mine, vær så snill!

Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie. ~ Psalm 23:1

User avatar
Weerwolf
Posts:1908
Joined:2009-12-09, 19:53
Real Name:Krisztián
Gender:male
Location:Венгрия; Будaпешт
Country:HUHungary (Magyarország)

Re: Hoe gaan dit nog?

Postby Weerwolf » 2014-03-19, 19:37

Bittereinder wrote:Haha dit maak nie saak nie. Die media gee verskriklik baie aandag aan die Pistorius-saak. Daar is tot 'n TV kanaal wat die hofsaak volg. Aan die anderkant voel mense dat die media te veel aandag aan die saak gee en dat dit polities-gedrewe is.

Waarom veronderstel sommige mense dat dit polities-gedrewe is?
Hier in Hongarye kry hierdie saak nie so veel aandag nie, 'n verslag van ten hoogste 2-3 minute.
Die verhaal van Pistorius dat hy Steenkamp vir 'n inbreker aangesien het, skyn my ongeloofwaardig ondanks die feit dat inbreukgevalle in SA dikwels gebeur. Hul woning lig seker nie in 'n slegtere buurt nie.
Hulle het miskien rusie gehad en Pistorius het heethoofdig gehandel. Nou dat hy die gevolge van sy daad besef het, het hy vanselfsprekend spyt van wat hy gedoen het.

Dit is die probleem. Niemand kan presies sê uit watter taal dit kom nie. In Setswana weet ons wel dat hulle "agê" as kort begroeting sê.
Baie interessant, dankie.

Dit kom miskien uit 'n Bantoetaal of miskien uit die diewetaal, maar weet ek veel, dit moet deur taalkundige ondersoek word. Of die persoon wat hierdie woord vir die eerste keer gebruik het, moet gevind word. :D
In het middelpunt staan: [flag=]nl[/flag] [flag=]nl-BE[/flag] [flag=]af[/flag] [flag=]de[/flag][flag=]hr[/flag] [flag=]sr[/flag] [flag=]ru[/flag] [flag=]pl[/flag]
Heel hartelijk bedankt voor elke hulp!
Ich bin für jede Verbesserung dankbar.

Минден кездет нехез.

User avatar
Weerwolf
Posts:1908
Joined:2009-12-09, 19:53
Real Name:Krisztián
Gender:male
Location:Венгрия; Будaпешт
Country:HUHungary (Magyarország)

Re: Hoe gaan dit nog?

Postby Weerwolf » 2014-03-19, 20:09

Shiba wrote:Dis ook my fout, vir dieselfde rede as Weerwolf. ;) Die klas- en semestertoetse is darem nou verby (tot volgende kwartaal).

Ag, kan jy asseblief vir my sê wat awe nou eintlik veronderstel is om te beteken? Ek sien dit oral en ek weet nie wat dit is nie :P

Ek sit nou in my laaste jaar van my BA-studie, dus dit word uiters druk in hierdie semester. Tot die somer baie veel werk.

Soos Bittereinder geskryf het, is aweh 'n groetwoord.
In het middelpunt staan: [flag=]nl[/flag] [flag=]nl-BE[/flag] [flag=]af[/flag] [flag=]de[/flag][flag=]hr[/flag] [flag=]sr[/flag] [flag=]ru[/flag] [flag=]pl[/flag]
Heel hartelijk bedankt voor elke hulp!
Ich bin für jede Verbesserung dankbar.

Минден кездет нехез.

User avatar
Bittereinder
Posts:173
Joined:2013-10-25, 20:12
Real Name:William
Gender:male
Location:Potchefstroom
Country:ZASouth Africa (Suid-Afrika / uMzantsi Afrika / South Africa)

Re: Hoe gaan dit nog?

Postby Bittereinder » 2014-03-19, 20:10

Shiba wrote:Dis ook my fout, vir dieselfde rede as Weerwolf. ;) Die klas- en semestertoetse is darem nou verby (tot volgende kwartaal).

Ag, kan jy asseblief vir my sê wat awe nou eintlik veronderstel is om te beteken? Ek sien dit oral en ek weet nie wat dit is nie :P


Ek is ook huidiglik besig met semestertoetse. :)

Dit word veronderstel dat awê die Afrika-aanpassing is van die Latynse "ave", maar ek kry geen geldige bronne daarvoor nie.
Awê, so ver ek weet, kan in twee gevalle gebruik word:
1. Om iemand te groet: "Awê, hoe gaan dit?"
2. Om respek of erkenning te bevestig: "Daardie liedjie is awê"

Waarom veronderstel sommige mense dat dit polities-gedrewe is?
Hier in Hongarye kry hierdie saak nie so veel aandag nie, 'n verslag van ten hoogste 2-3 minute.
Die verhaal van Pistorius dat hy Steenkamp vir 'n inbreker aangesien het, skyn my ongeloofwaardig ondanks die feit dat inbreukgevalle in SA dikwels gebeur. Hul woning lig seker nie in 'n slegtere buurt nie.
Hulle het miskien rusie gehad en Pistorius het heethoofdig gehandel. Nou dat hy die gevolge van sy daad besef het, het hy vanselfsprekend spyt van wat hy gedoen het.


Dit is maar die gewone geval wat die media afwyk van korrupsie in die regering asook die talle plaasmoorde wat maandeliks plaasvind.
Die grootste probleem is die liberale Afrikaanse media wat nie aandag wil gee aan die misdade van rassehaat wat weekliks plaasvind nie. Die probleem van die media is dit is 'n monopolie. "Naspers" besit ons sateliet televisie dienste, meeste koerantpapiere en talle tydskrifte. Hulle ignoreer nie net mense wat oor misdaad kla nie, maar hulle "kruisig" diegene wat op die internet en publiek bewustheid wil verhoog. So die hofsaak is maar net hul manier om almal se aandag van die dringende kwessies af te dwing. Niemand waarvan ek weet gee om oor die uiteinde van die hofsaak nie. Meeste mense wil hê dat Oscar sy verdiende loon kry, so dit is iets wat onwillig op ons afgedwing word.

Dit kom miskien uit 'n Bantoetaal of miskien uit die diewetaal, maar weet ek veel, dit moet deur taalkundige ondersoek word. Of die persoon wat hierdie woord vir die eerste keer gebruik het, moet gevind word.


Dit is heel moontlik. Ek vind dit moeilik om te glo dat dit 'n direkte aanpassing van "ave" is, omdat Latyns 'n dooie taal is en baie min invloed op Afrika het. Dit sal egter moeiliker wees om uit te vind uit watter taal presies dit afstam omdat daar so rukkie terug 'n taalwet in Namibië geïmplementeer is wat Engels as die enigste amptelike taal erken het. Daar is 'n hele paar dialekte wat geografies gestel is en omdat die regering nie die dialekte wil erken nie is daar nog nie baie navorsing gedoen nie.
Openbaring 21:6
"Verder sê Hy vir my: Dit het klaar gebeur. Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. Aan elkeen wat dors het, sal Ek te drinke gee uit die fontein met die water van die lewe, verniet. "

User avatar
Weerwolf
Posts:1908
Joined:2009-12-09, 19:53
Real Name:Krisztián
Gender:male
Location:Венгрия; Будaпешт
Country:HUHungary (Magyarország)

Re: Hoe gaan dit nog?

Postby Weerwolf » 2014-03-19, 21:53

Bittereinder wrote:Dit is maar die gewone geval wat die media afwyk van korrupsie in die regering asook die talle plaasmoorde wat maandeliks plaasvind.
Die grootste probleem is die liberale Afrikaanse media wat nie aandag wil gee aan die misdade van rassehaat wat weekliks plaasvind nie. Die probleem van die media is dit is 'n monopolie. "Naspers" besit ons sateliet televisie dienste, meeste koerantpapiere en talle tydskrifte. Hulle ignoreer nie net mense wat oor misdaad kla nie, maar hulle "kruisig" diegene wat op die internet en publiek bewustheid wil verhoog. So die hofsaak is maar net hul manier om almal se aandag van die dringende kwessies af te dwing. Niemand waarvan ek weet gee om oor die uiteinde van die hofsaak nie. Meeste mense wil hê dat Oscar sy verdiende loon kry, so dit is iets wat onwillig op ons afgedwing word.

Ag so, nou begryp ek wel waarom jy dit geskryf het. Plaasmoorde en korrupsie aan die daglig te stel is inderdaad nie gewild in die mainstream media. Die keiharde werklikheid kom nie aan bod nie omdat hy ’n bepaalde narrative onder die mense wil versprei. De mainstream media is in diens van die heersende, monokapitalistiese en onsigbare wêreldgeldmag wat graag op die agtergrond wil bly, hy wil nie dat sy ware identiteit vir die gewone mens bekend is. Hy wil heeltemaal geen verantwoordelik wees vir die ellendige gevolge van sy dade, maar vir homself winste boek. As iemand ’n van die mainstream afwykende (maar na alle waarskynlikheid ook ware) mening het, word gou beskuldig van die uitvinding van komplotteories. Dit is ’n doeltreffende middel van die mainstream om die geloofwaardigheid van afwykende stemme te ondermyn.
Ek vind dit moeilik om te glo dat dit 'n direkte aanpassing van "ave" is, omdat Latyns 'n dooie taal is en baie min invloed op Afrika het.

Dit vind ek ook moeilik om te glo dat iemand so veel belangstelling vir die Antieke Rome gehad het dat hy die algemene Romeense groet, ave oorgeneem het. :)
In het middelpunt staan: [flag=]nl[/flag] [flag=]nl-BE[/flag] [flag=]af[/flag] [flag=]de[/flag][flag=]hr[/flag] [flag=]sr[/flag] [flag=]ru[/flag] [flag=]pl[/flag]
Heel hartelijk bedankt voor elke hulp!
Ich bin für jede Verbesserung dankbar.

Минден кездет нехез.

User avatar
Bittereinder
Posts:173
Joined:2013-10-25, 20:12
Real Name:William
Gender:male
Location:Potchefstroom
Country:ZASouth Africa (Suid-Afrika / uMzantsi Afrika / South Africa)

Re: Hoe gaan dit nog?

Postby Bittereinder » 2014-03-20, 7:50

Ag so, nou begryp ek wel waarom jy dit geskryf het. Plaasmoorde en korrupsie aan die daglig te stel is inderdaad nie gewild in die mainstream media. Die keiharde werklikheid kom nie aan bod nie omdat hy ’n bepaalde narrative onder die mense wil versprei. De mainstream media is in diens van die heersende, monokapitalistiese en onsigbare wêreldgeldmag wat graag op die agtergrond wil bly, hy wil nie dat sy ware identiteit vir die gewone mens bekend is. Hy wil heeltemaal geen verantwoordelik wees vir die ellendige gevolge van sy dade, maar vir homself winste boek. As iemand ’n van die mainstream afwykende (maar na alle waarskynlikheid ook ware) mening het, word gou beskuldig van die uitvinding van komplotteories. Dit is ’n doeltreffende middel van die mainstream om die geloofwaardigheid van afwykende stemme te ondermyn.


Einste.
Openbaring 21:6
"Verder sê Hy vir my: Dit het klaar gebeur. Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. Aan elkeen wat dors het, sal Ek te drinke gee uit die fontein met die water van die lewe, verniet. "

anetduffy
Posts:1
Joined:2015-12-08, 20:32
Real Name:Anet Duffy
Gender:female

Re: Hoe gaan dit nog?

Postby anetduffy » 2015-12-08, 20:36

Ek weet hierdie bespreking is nogal oud, maar ek dink ek kan die vraag beantwoord. Ek bly in England in the Noorde en 'Awe' is die normale groetwoord hier. Miskien kom dit van hier?


Return to “Afrikaans”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 13 guests