Afrikaanse poësie en musiek

Moderator:Aurinĭa

Jannie
Posts:14
Joined:2009-04-15, 0:00
Real Name:Jannie
Gender:male
Country:DEGermany (Deutschland)
Afrikaanse poësie en musiek

Postby Jannie » 2009-04-15, 0:47

Hi Almal

Ek wil graag 'n "thread" (draad) begin vir Afrikaanse poësie en musiek.
Ek woon nou al die afgelope 5 jaar in Europa en mis my taal en my kultuur vreeslik. Enige ander Afrikaners wat ook 'n gunsteling liedjie of gedig het plaas dit maar gerus in hierdie thread "draad" sodat ons saam kan luister en lees. :lol:

Hierdie volgende liedjie is vir my so mooi en herhinder my terug aan "Pretoria" stad waar ek groot geword het. :ohwell:

Dit was nog in die dae wanneer jy nog in die aande in Pretoria stad kon rondloop en gaan fliek en kuier. Ongelukkig is dit nou nie meer vandag moontlik nie maar gelukkig het ons darem nog ons taal en kultuur wat niemand van ons kan wegvat nie. :blush:


http://www.youtube.com/watch?v=ydomYjarzew

Sprokie vir 'n Stadskind - Koos Du Plessis

As die reën van stof en roet verby is

en die rook verdwyn,

sal daar in die sterrelose hemel

‘n neonboog verskyn.



En kyk maar goed,

want as jy hom vind

vertel ek vir jou ‘n sprokie, my kind

van ‘n skatkis met ou kettings gebind

aan die neonboog se punt.



Volg hom elke nag oor swart riviere,

oor kranse van beton.

As jy aanhou stap tienduisend ure

sal jy dalk daar kom,

maar hier moet jy jou nimmer laat vind,

want so lui die ou, ou sprokie, my kind.

As jy geluk en vrede wil vind

soek die neonboog se punt.



Volg hom elke nag oor swart riviere,

kyk nie eenmaal om.

Dalk vind jy die land van blou saffiere

en dalk ‘n brokkie son.

andre
Posts:196
Joined:2005-06-20, 16:16
Real Name:Andre Botha
Gender:male
Location:Bloemfontein
Country:ZASouth Africa (Suid-Afrika / uMzantsi Afrika / South Africa)

Re: Afrikaanse poësie en musiek

Postby andre » 2009-04-20, 10:38

Hallo Jannie

Goed om nog 'n Afrikaner hier te sien! :D
Koos du Plessis se musiek bly pragtig. Goeie dinge gebeur die afgelope paar jaar in Afrikaanse musiek. Dis nogal moeilik om een liedjie uit te sonder, hoewel byna enigiets van Laurika Rauch kwalifiseer! Kom ons begin met hierdie een.

VIER SEISOENE KIND

SY ROEP MY IN DIE RIGTING VAN HAAR HART
WAAR DIE WINTERVURE BRAND
EN DIE NAGTE VIR DIE SOMER LÊ EN WAG
SY GIET HAAR TRANE IN DIE SEE
SY STUUR HAAR WOORDE MET DIE WIND
NA DIE STRANDE VAN LANKVERGETE SMART

KOOR:
VIER SEISOENE KIND MET DIE WINTER IN JOU OË
WAAR HET EK JOU VERLOOR
VIER SEISOENE KIND MET DIE LIEFDE IN JOU PALM
– KYK JOU OSEAAN IS KALM
VIER SEISOENE KIND 4 SEISOENE KIND
STUUR MY NOG ‘N POSKAART MET DIE WIND

SY MAAK VIR MY ‘N PAINTING VAN DIE HERFS
AS DIE AKKERBOME RUS
EN DIE WOLKE SOOS VLAMME OOR ONS WAAI
SY GEE VIR MY ‘N SOET SEPTEMBERGEUR
AS DIE BOLAND LÊ EN BLOEI
MET DIE SOMER WAT KLOP HIER AAN MY DEUR.

KOOR X 2

STUUR MY NOG ‘N POSKAART MET DIE WIND X 3

Jannie
Posts:14
Joined:2009-04-15, 0:00
Real Name:Jannie
Gender:male
Country:DEGermany (Deutschland)

Re: Afrikaanse poësie en musiek

Postby Jannie » 2009-05-04, 18:15

Hi André

Hoop dit gaan goed daar in sonnige Suid-Afrika!

Ek dink ook Laurika Rauch se musiek is van die boonste rakke as dit kom by Afrikaanse musiek.
Ek hou ook baie van haar musiek en die woorde wat sy sing is so diep maar so waar!

Soos hulle sê Afrika is een van die mooiste konitinente ter wêreld met haar mooi natuurskoon, en haar rooi sand, haar warm son.... dit maak dit so moeilik om net van Afrika te vergeet en aan te beweeg met jou lewe. Soos hulle sê.... As jy eers Afrika in jou bloed het is dit moeilik om van mamma Afrika te vergeet.

So ek gaan hierdie gedig hier plaas. Die gedig se naam is I AM AN AFRICAN. deur Wayne Visser wat weer in Afrikaans oorvertaal was.


Ek is van Afrika

Ek is van Afrika
Nie omdat ek daar gebore is
Maar omdat my hart met Afrika klop
Ek is van Afrika
Nie omdat my gelaat donker is
Maar omdat Afrika my gedagtes omgrens
Ek is van Afrika
Nie omdat ek van haar leef
Maar omdat my siel tuis is - in Afrika

Wanneer Afrika oor haar kinders ween
Is my wange deur traandruppels deurweek
Wanneer Afrika haar voorvaders eer
Buig my hoof in respek daarheen
Wanneer Afrika oor haar slagoffers rou
Is my hande in gebed gevou
Wanneer Afrika haar oorwinnings vier
Dans ek op die maat van die oorwinningslied

Ek is van Afrika
Met haar asemrowende ylblou lugruimtes
Laat sy die toekoms skitterend skyn
Ek is van Afrika
Waar ek gegroet word asof familie
En ek ervaar die gevoel van meervoudig
Ek is van Afrika
Want haar wildheid bring vertroosting vir my siel
En bring my nader na die bron van Lewe

Wanneer Afrika-musiek in die wind weerklink
Volg my polsslag die ritmiese klop
En word ek een met die klank
Wanneer die Afrika-kleure in die son glinster
Verdrink my sintuie in haar reënboog
En is ek die natuur se pallet
Wanneer die Afrika-verhale om die vure op-klink
Volg my voete hul tydlose ‘wink
En is ek die spore van die verle’

Ek is van Afrika
Want sy’s die krip van geboorte
En troetel die oer-oue wysheid
Ek is van Afrika
Want sy leef in die skadu van die wêreld
En brand met ‘n gloeiende inspirasie
Ek is van Afrika
Want sy is die land van môre
En ek eer haar tydlose geskenke


I am an African

Not because I was born there
But because my heart beats with Africa’s
I am an African
Not because my skin is black
But because my mind is engaged by Africa
I am an African
Not because I live on its soil
But because my soul is at home in Africa

When Africa weeps for her children
My cheeks are stained with tears
When Africa honours her elders
My head is bowed in respect
When Africa mourns for her victims
My hands are joined in prayer
When Africa celebrates her triumphs
My feet are alive with dancing

I am an African
For her blue skies take my breath away
And my hope for the future is bright
I am an African
For her people greet me as family
And teach me the meaning of community
I am an African
For her wildness quenches my spirit
And brings me closer to the source of life

When the music of Africa beats in the wind
My blood pulses to its rhythm
AndI become the essence of sound
When the colours of Africa dazzle in the sun
My senses drink in its rainbow
And I become the palette of nature
When the stories of Africa echo round the fire
My feet walk in its pathways
And I become the footprints of history

I am an African
Because she is the cradle of our birth
And nurtures an ancient wisdom
I am an African
Because she lives in the world’s shadow
And bursts with a radiant luminosity
I am an African
Because she is the land of tomorrow
And I recognise her gifts as sacred

Copywright: Wayne Visser - 2005

andre
Posts:196
Joined:2005-06-20, 16:16
Real Name:Andre Botha
Gender:male
Location:Bloemfontein
Country:ZASouth Africa (Suid-Afrika / uMzantsi Afrika / South Africa)

Re: Afrikaanse poësie en musiek

Postby andre » 2009-05-27, 15:19

Dis pragtig - die taal galop!

Gaan goed in Suid-Afrika, nuwe regering ten spyt! Helen Zille het darem in die Wes-Kaap gewen!

Jannie
Posts:14
Joined:2009-04-15, 0:00
Real Name:Jannie
Gender:male
Country:DEGermany (Deutschland)

Re: Afrikaanse poësie en musiek

Postby Jannie » 2009-05-27, 16:39

Ek is so bly die ANC het nie die Wes-Kaap gekry nie! Te minste gaan ons nou die verskil sien tussen die Wes-Kaap provinsie en die res van Suid-Afrika oor 5 jaar. Ek hoop regtig dat die ander kleurige Suid-Afrikaners die verskil in die Wes-Kaap as iets positief sien en dat hulle vir die DA sal stem in 2012. Ek dink die Noord-Kaap moet in 2012 ook onder DA bewind wees dan sal die land so stadig maar seker beter word. Maar ek weet nie of al die ander swart Suid-Afrikaners ooit vir die DA sal stem nie. Ek hoop maar net alles sal reg kom in tyd. Kom ons kyk maar nou eers wat gebeur in die Wes-Kaap oor die volgende 5 jaar.

andre
Posts:196
Joined:2005-06-20, 16:16
Real Name:Andre Botha
Gender:male
Location:Bloemfontein
Country:ZASouth Africa (Suid-Afrika / uMzantsi Afrika / South Africa)

Re: Afrikaanse poësie en musiek

Postby andre » 2009-05-29, 13:35

Jannie wrote:Ek is so bly die ANC het nie die Wes-Kaap gekry nie! Te minste gaan ons nou die verskil sien tussen die Wes-Kaap provinsie en die res van Suid-Afrika oor 5 jaar. Ek hoop regtig dat die ander kleurige Suid-Afrikaners die verskil in die Wes-Kaap as iets positief sien en dat hulle vir die DA sal stem in 2012. Ek dink die Noord-Kaap moet in 2012 ook onder DA bewind wees dan sal die land so stadig maar seker beter word. Maar ek weet nie of al die ander swart Suid-Afrikaners ooit vir die DA sal stem nie. Ek hoop maar net alles sal reg kom in tyd. Kom ons kyk maar nou eers wat gebeur in die Wes-Kaap oor die volgende 5 jaar.


Die Noord-Kaap (waar ek woon) kom al nader daaraan. 'n Hele paar munisipaliteite gaan al in 2011 met die munisipale verkiesing van die ANC wegval. Die nuwe party Cope kry al meer swart steun (in PE het die ANC maar 50% gekry), en ek voorsien dat die DA en Cope uiteindelik in koalisie sal saamwerk. Hulle kan in die volgende verkiesing saam die Noord-Kaap vat, en ook Gauteng. Een ding is seker, die ANC kwyn. 'n Swart man het nou die dag vir my vertel verlede jaar se skeuring is lank nie die laaste een nie...

En nou praat ons politiek op die musiekonderwerp! :D Miskien moet ons 'n politieke topic begin...

User avatar
Pandora
Posts:220
Joined:2010-05-20, 7:53
Gender:female
Country:USUnited States (United States)

Re: Afrikaanse poësie en musiek

Postby Pandora » 2010-05-21, 8:05

Ek kan nie praat en Afrikaans....maar....

Ek wil jou hê — Glaskas

Ek hou van Glaskas! (Sorry if I mangled it. :( )
Would love help with: [flag=]sv[/flag] [flag=]de[/flag] [flag=]es-ar[/flag] [flag=]eo[/flag]
Previous knowledge in/may pick up again later: [flag=]ja[/flag] [flag=]fi[/flag]
Will probably eventually need help with/want to learn: [flag=]is[/flag] [flag=]af[/flag]

Ludwig Whitby
Posts:3664
Joined:2009-03-30, 13:44
Gender:male
Location:Belgrade
Country:RSSerbia (Србија)

Re: Afrikaanse poësie en musiek

Postby Ludwig Whitby » 2010-05-21, 9:19

Die Antwoord - Doosdronk

It's in Afrikaans and English.

nikita1
Posts:1
Joined:2015-04-03, 15:00
Real Name:Christa
Gender:female

Re: Afrikaanse poësie en musiek

Postby nikita1 » 2015-04-03, 15:02

Dankie vir die plasing van my Afrikaanse vertaling van Wayne Visser se gedig: Ek is van Afrika. Ek het dit geniet en dis 'n mooi gedig wat Wayne geskryf het.

Nikita5
Posts:3
Joined:2017-02-13, 14:41
Real Name:Christa
Gender:female
Country:GBUnited Kingdom (United Kingdom)

Re: Afrikaanse poësie en musiek

Postby Nikita5 » 2017-02-13, 15:23

nikita1 wrote:Dankie vir die plasing van my Afrikaanse vertaling van Wayne Visser se gedig: Ek is van Afrika. Ek het dit geniet en dis 'n mooi gedig wat Wayne geskryf het.

Die gedig van Wayne Visser: I am an African, is deur my vertaal - Ek is van Afrika. Net jammer dat erkenning nie gegee is aan die vertaler nie. Dit neem ure om 'n gedig te vertaal en jy wil graag he dat dieselfde boodskap oorgedra moet word. Eers nadat ek tevrede was, het Wayne dit gelees en goedgekeur. Volgende keer: Onthou asseblief die goue reel vir vertalers ook. Dit is nie iets wat sommer in sekondes gebeur om so 'n mooi gedig te vertaal nie. Baie dankie - Nikita is my skuilnaam op my blog - waar ek ook my eie gedigte skryf in Afrikaans en sommige in Engels. Ek het al meer as een gedig in Engels vertaal, sodat meer mense ons mooi Afrikaanse gedigte kan waardeer. Ons land het baie goeie Afrikaanse digters opgelewer in die verlede.

ruan567
Posts:1
Joined:2022-11-04, 23:55
Gender:male

Re: Afrikaanse poësie en musiek

Postby ruan567 » 2022-11-05, 0:01

Ek het dit nou per ongeluk op 'n ou thread gepost, ek sien nou eers. (Admin jy kan die ander post afhaal)

Maar elk geval ek wil he julle moet bietjie luister hierna, dis n liedtjie wat ek geskryf het, wat Magdel Spanellis gesing het, ons het nog nie 'n regte video geskiet nie, maar die woorde is op die video.

Hierdie woorde het my net so onder 20 minute geneem om te skryf, toe le dit in my laai vir meer as 'n jaar tot ek vir Magdel ontmoet het wat gese het - YES - ek wil dit sing!

https://www.youtube.com/watch?v=ntUi7zD ... lSpanellis

Geniet hom!
Groete van die Weskus
Ruan


Return to “Afrikaans”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 9 guests